Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: Die Hoërskool DF Malan
- lesers

Waarskuwing: ek stel voor dat geen Bellville-leerder die artikel sonder ouertoesig lees nie, aangesien dit vrees, paniek enn fobie vir blou mag veroorsaak.

Sedert 2020 was daar beperkte geleenthede om DF-gees en -trots te wys, maar by 2022 se Interskole het elke DF-speler en -ondersteuner bewys dat blou bloed sterker as ooit deur ons are druis.

Hierdie is egter nie ’n artikel oor interskole nie. In die artikel gesels ons ’n bietjie met die DF-dirigente oor gees agter die skerms.

Nicola Steyn, VJ Bassett, Emma Coetzee, Robert Tuck, Lize van Rooyen, Heinrich Henning, Liané Conradie, WihanBester en Nina Dixon, (2022 se dirigente) en JG Wegner, Eben Olivier, Francé Esterhuyse en Mia Groenewald (dromspelers) het hierdie jaar, ten spyte van onlangse uitdagings, nie afgeskeep nie en by elke aandoefening, hetsy ’n vol saal of net 30 leerders, áltyd geglimlag en voluit gegaan!

Ek het agter die skerms gaan loer en met 2022 se dirigente, sowel as sommige aspirant-dirigente, onderhoude gevoer om ’n breër insig te kry oor wat dit behels om ’n DF-dirigent te wees.

Wat was vir jou die hoogtepunt van jou dirigent-ervaring?

Nicola: Ons het sommige aande tot elfuur aan die kreet gewerk. Toe ons tydens daardie wassebad periode sien hoe Dee-Effers ons werk en visie vir DF Lights tot lewe bring, was elke sekonde se harde werk en verlore slaap die moeite werd.

Emma: My hoogtepunt was die voorreg om saam metn groep wonderlike mensen interskolekreet te kon skryf.

Wat was vir jou die uitdagendste aspek van dirigentwees?

Robert: Te min slaap.

Lize: Die onvoorspelbaarheid wat met dirigentwees gepaard gaan. Dit is soos meneer De Wet sê: “The only constant is change.”

Watter advies kan jy aan aspirant-dirigente gee?

VJ: Jy kan nien dak opsit as jy nien sterk fondasie gebou het nie. Leer jou woorde!

Asn aspirant-dirigent, weet ek hoeveel tyd en oefening die keuringsproses behels, maar wat wag vir die wat uiteindelik as dirigent verkies word?

Liané: ’n Tweede familie; goeie herinneringe; goeie tye.

JG: Jy mis skoolgebeurtenisse en sosiale geleenthede. En jy verloor slaap!

VJ: Die toekomstige dirigente moet gereedmaak om tydelik afskeid van hul sosiale lewe te neem.

Hoe wil jy graag by DF onthou word?

Nicola: Ek wil graag hê dat die matrieks van 2022 as die groep wat gees in DF teruggebring het, onthou word.

VJ: In die verlede was ek nooit die een wat vrywillig op die verhoog sou klim nie...

(Diegene wat nie in ’n moeras van onkunde leef nie - Visserania sal verstaan - sal weet dat baie intussen verander het. VJ is die een wat deesdae vrywillig op die verhoog verskyn om sy menigde drama toekennings te onvang.)

Ek wil graag onthou word as die outjie wat hard gewerk het om te wees waar ek vandag is, want dit is beslis nie op ’n silwer skinkbordjie aan my oorhandig nie.

Liané: Ek wil graag onthou word as die dirigent wat altyd passievol was, omdat ek trots is op my skool.

Robert: Ek wil onthou word as een van dié wat DF se vlam weer laat gloei het.

JG: Ek wil onthou word as een van die Tippity Tappity Boys (2020-drommers sal verstaan).

Emma: Ek wil onthou word as die een met die lekker gees.

(Emma bied hier die geleentheid om DF Lights te bemark: just be lêkka, DF!)

Lize: ek wil onthou word as die dirigent wat ander met ’n glimlag op my gesig gehelp het.

Vraag-en-antwoord met aspirant-dirigente:

Oor watter vaardighede dink jy moet n dirrigent beskik?

Noah Love: Jy moet lekker kuite hê.

(Noah, ek is baie lief vir jou, maar uit jou 20-minuut-voice notes van perfekte antwoorde, was hierdie natuurlik die antwoord wat ek net móés gebruik!)

Wat was vir jou die mees uitdaagende aspek van die keuringsproses?

Anieka Wolmarans: Om te vergeet van die keuringsproses!

Anieka, jy gaan dié een moet verduidelik.

Anieka: Sodra jy op die mense wat langs jou tekere gaan, eerder as meneer De Wet en juffrou Muller se ernstige uitdrukkings fokus, voel jy veel meer ontspanne en spontaan.

Dink jy DF-gees het na die COVID-19-pandemie afgeneem?

André Venter: Ja, maar dit is omdat die juniors nog onopgevoed is! Hulle weet nog nie dat, wanneer daar oor MTBS gepraat word, hulle mal moet gaan nie.

(Let wel: hierdie onderhoud is voor Interskole gevoer, so net soos Bellville se debatargumente, is die antwoord nou eintlik irrelevant; ek glo almal sal saamstem dat die juniors nie teleur gestel het nie.)

Indien jy as dirigent verkies word, wat sal jy doen of verander om DF-gees te bevorder?

Liza Theron: Ek sal begin deur die gees aan die klas van ’23 te verkoop, aangesien die juniors ons gees sal mimiek.

Jean Myburgh: Sokkie = gees. Daar moet elke Vrydag ’n sokkie in die aktiwiteitsentrum wees. Ek bring die klank. DF bring die gees.

Die dirigente se harde werk en volharding was beslis vrugtevol. Julle maak DF trots!

“DF, You make our hearts sing. You make everything groovy. DF, we think we love you.”