Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: Yana Mans
- lesers

In ’n DF-klaskamer met ’n nommer 57 op die deur, kom daar elke Woensdag na skool ongeveer 13 talentvolle leerders bymekaar. Hulle hou daarvan om slim te argumenteer, met hulle afrigter, Kieran Bergh, hul vaardighede te slyp, of om net vir die pret teen mekaar te debatteer.

DF se Engelse debatgroep is een van die mees toegewyde en passievolle groep tieners en hulle gunstelingmanier om met hul vyande van ander skole te argumenteer, is die Rotary Debating-styl.

Wat is Rotary Debating? Ongeveer 40 skooldebatspanne, met junior - en senior spanne, debatteer teen mekaar. Elke skool het byna elke derde week ’n debat teen ’n ander skool. In die meeste van die debatte waarin DF deelgeneem het, het ons spanne gewen!

Dit is ’n driefase-kompetisie, waarin ’n span van drie mense elk, hul gegewe onderwerp debatteer. Daar is ’n eerste spreker, wat die debat met ’n treffende inleiding, konteks oor die onderwerp, en twee argumente, moet afskop. Dan volg die tweede spreker, wat die res van die argumente voorstel, en die derde spreker wat rebuttal of clashes gee.

Die reply speech word geskryf, terwyl die res van die sprekers praat. Die eerste spreker of tweede spreker van beide spanne is verantwoordelik vir die skryf en oordra van die reply speech. Die hele toespraak word gebruik om die opponerende span se argumente teen te staan en hul eie span se argumente verder te ondersteun. Die reply-spreker kan nie voor die tyd vir die debat voorberei nie.

Die voorsitter sal hulle hande klap of ’n klokkie op gereelde tydsintervalle lui, aangesien elke spreker net ’n sekere aantal minute het om te praat. Nadat elke span klaar gepraat het, word die wenners en die beste sprekers aangekondig. Opbouende kritiek word na die tyd vir elke span gegee.

Die debatkuns is een wat die analitiese denke, luistervaardighede en begrip vir verskillende perspektiewe verskerp en ontwikkel.

DF se Engelse debatspan is een van die skool se mees hardwerkende en suksesvolle spanne op ’n kompeterende vlak. Enigiemand is welkom om die oefeninge by te woon of selfs net te kom ondersteun wanneer DF teen ander skole debatteer. Dit is gewaarborg om verrykend te wees!