Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: Yana Mans
- lesers

’n Hele paar nuwe onderwysers het in 2022 by die DF-familie aangesluit. Ek het die geleentheid gekry om met twee van die nuwe onderwysers, me. Carina Barratt en meneer Lourens Bergh, onderhoude te voer.

Foto: Yana Mans

Juffrou Barratt het chemiese ingenieurswese studeer, maar toe sy begin tutor het, bewus geraak van die bevredigende gevoel wat ’n mens ervaar deur vir ander mense te help verstaan en besef dat onderwys haar roeping is.

Foto: Yana Mans

Meneer Bergh was vir ses jaar by Die Hoërskool Velddrif en vir 1 jaar by Stellenberg Akademie.

Juffrou Baratt sien nogal uit na haar betrokkenheid by die toneelgeselskap en ook by die wiskunde-olimpiade, terwyl meneer Bergh die o.14-rugby- en o.19-B-tennisspan onderrig. Hy is ook deel van die dissipline-komitee en die avontuurklub.

Ek wou uitvind watter grade vir hierdie onderwysers die lekkerste is om te onderrig. Vir juffrou Barratt was dit nogal moeilik een te kies en sy het baie oor elke graad te sê gehad: “Elke graad is so anders. Graad agt is lekker, want almal is nog so nuut. Graad nege is opwindend, want almal wil net graad tien toe gaan. Graadtiens dink alles is nou moeiliker. Graadelfs is superernstig en lekker gefokus. En die matrieks is net pret.”

Vir meneer Bergh was dit ’n duidelike keuse: “Ek sal sê, wat die leermateriaal betref, is graad twaalf relatief die lekkerste.”

Al kon ek net met twee onderwysers onderhoude voer, was dit vir seker ’n geleentheid wat ek geniet het. Ek hoop dat al die nuwe onderwysers in DF welkom voel.