Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: CityROCK
- lesers

Almal het een of ander passie, belangstelling of stokperdjie - of dit nou teken, lees of tennis, opwindend, kalmerend of dalk gevaarlik is.

Mia Ferreira, graadagt in DF, hou haarself met ’n opwindende en, toegegee, effense gevaarlike stokperdjie besig: rotsklim.

Vir die afgelope jaar klim Mia tot tien meter hoë mure by CityROCK in die hart van Kaapstad.

Haar belangstelling het eers begin toe sy en haar pa verby die gebou gery het en saam besluit om hulle lewens teen ’n agt meter-hoë muur te waag. Daardie dag het sy ondek dat sy ’n talent vir hierdie unieke sport het. Sy het vinnig passievol geraak en van daardie dag af het sy elke naweek na haar stukkie paradys op die rotse teruggekeer.

Mia sê dat dit nie net ’n glimlag op haar gesig sit nie; dit toets ook haar fisiese vermoëns. Aan die begin was tuimel amper al wat Mia kon bereik, maar vandag, met meer ervaring, val sy skaars.

’n Stokperdjie het baie mag. Dit kan begin as ’n klein belangstelling en ontwikkel om ’n groot passie te raak. In sommige omstandighede kan ’n stokperdjie jou droomloopbaan word, ’n opwindende ontvlugting uit die alledaagse bied en ’n rots wees om aan te klou.