Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: Jana Visser
- lesers

In vandag se samelewing word produkte wat eintlik dieselfde funksies verrig, verdeel tussen dié vir mans en dié vir vroue - ’n stelsel wat eintlik baie min sin maak.

“Vroueprodukte” het dikwels skakerings van pienk en word met blomme versier, terwyl “mansprodukte” deur donker skakerings van blou en groen gekenmerk word. Die probleem met hierdie verskynsel is dat vroueprodukte, wat ’n ander kleur het, teen ’n hoër prys verkoop word, alhoewel hulle van dieselfde of selfs van swakker gehalte as die manlike weergawes is. Dit staan bekend as pienk belasting.

Ongelukkig is pienk belasting nie die enigste tipe belasting wat vrouens benadeel nie.

Daar word 15% belasting op vroulike sanitêre produkte, soos byvoorbeeld sanitêre doekies en tampons, gehef. Belasting maak hierdie noodsaaklike produkte duur en veroorsaak dat 7 miljoen vrouens en jong meisies in Suid-Afrika dit nie kan bekostig nie. Hulle gebruik dan substitusie-produkte soos koerantpapier en ou klere, wat tot infeksie kan lei. Per jaar kan ongeveer 500 miljoen vrouens nie sanitêre produkte bekostig nie. Dit staan selfs bekend as period poverty.

Free bleeding is wanneer meisies skool mis omdat hulle nie sanitêre produkte het om tydens hulle menstruale siklus te gebruik nie. Omtrent 30% van meisies in Suid-Afrika mis skool as gevolg hiervan.

Dit is belangrik om hierdie sake aan te spreek. Dit behoort nie ’n taboe onderwerp te wees nie.

Organisasies soos Period Dignity verskaf herbruikbare produkte aan Suid-Afrikaanse vroue in nood. Daar is al baie veldtogte geloods om verandering aan te bring, maar daar is steeds baie vooruitgang nodig.