Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: Emma Snyman
- lesers

Anne Frank is een van geskiedenis se bekendste figure van die Tweede Wêreldoorlog. Haar dagboek is wêreldwyd bekend en gee ons ’n kykie in die lewe van ’n Joodse slagoffer wat die Holocaust ervaar het.

Wie was Anne Frank?

Annelies Marie Frank is op 12 Junie 1929 in Frankfurt, Duitsland, gebore. Haar ouers was Otto en Edith Frank, en sy het een ouer suster, Margot, gehad. Anne het gedurende die tyd van Adolf Hitler en die Nazi Party se strewe na absolute politieke beheer, groot geword. Hitler het Jode vervolg en die meerderheid van Duitsers het anti-semities begin optree. Eskalasie in die ekonomie en toenemende diskriminasie teenoor die Jode het daartoe gelei dat Anne se gesin na Amsterdam moes trek.

Die Tweede Wêreldoorlog op 1 September 1939 vlamgevat, met die Nazi’s se inval op Pole. Kort daarna is Nederland ook oorgeneem. Stadig, maar seker het meer reëls en regulasies verskyn om die lewens van Jode onmenslik te maak. Jode kon nie parke, teaters en nie-Joodse winkels besoek nie. Joodse besighede het swaar gekry en, as gevolg daarvan, het Otto, Anne se pa, sy besigheid verloor. Hierdie streng wette het vir Anne en haar suster in die slegte posisie geplaas om na ’n Joodse skool met swak onderrig en fassiliteite te gaan. Die regulasies het die Joodse volk amptelik van die Duitsers geskei. Vanaf Mei 1942 moes alle Jode die Ster van Dawid op hulle klere dra.

Vir haar 13de verjaarsdag, het Anne ’n dagboek by haar ouers ontvang.

Anne se ouers was in die proses om ’n wegkruipplek voor te berei, met die hulp van Otto Frank se vorige kollegas. Die wegkruipplek was by Otto se fabriek. ’n Geheime ruimte agter ’n boekrak in die kantoor het hulle weggesteek. Anne het dit die Secret Annexe genoem. Anne en haar gesin het die Secret Annexe met nog vier ander mense gedeel, naamlik Hermann en Auguste van Pels en hulle seuns, en Peter en Fritz Pfeffer. Die vorige kollegas van Otto het vir hulle kos en ander benodighede gebring.

Gedurende die twee jaar wat Anne weggekruip het, het sy dagboek gehou en geskryf oor al die gebeure in die Secret Annexe - ook al haar gedagtes en oortuigings. Anne se laaste dagboekinskrywing is op 1 Augustus 1944 geskryf.

Ongelukkig is die Secret Annexe op 4 Augustus 1944 deur die Gestapo gevind. Die twee gesinne is gearresteer en na konsentrasiekampe geneem. Tot vandag toe weet ons nie hoekom die Gestapo die kantoor ondersoek het nie. Dele van Anne se dagboek is deur die helpers gered, voordat die Nazi’s die Secret Annexe leeg kon maak.

Uit al die bewoners van die Secret Annexe, was Otto Frank, Anne se pa, die enigste een wat die konsentrasiekampe oorleef het. Hy het Anne se dagboek gelees en besluit om dit te publiseer. Anne se droom om ’n skrywer te word, het gerealiseer, maar op ’n tragiese manier.

Tans is daar oor die 35 miljoen kopieë van haar dagboek verkoop. Die boek is in meer as 70 tale beskikbaar. Anne se dagboek is ’n voorgeskrewe leesboek in vele skole en daar is ook film- en teater weergawes van Anne se storie. Die Secret Annexe kan ook vandag by die Anne Frank House and Museum besoek word.

Hoekom is Anne Frank se dagboek belangrik?

Anne se dagboek weerspieël die seer en trauma wat Jode tydens die oorlog ervaar het. Die dagboek gee ’n ander perspektief van die Holocaust. Dit bespreek nie die konsentrasiekampe nie, maar eerder hoe Anne die vervolging beleef het.

Anne Frank het die gawe gehad om emosie op swart en wit te sit. Lesers ervaar dadelik respek en empatie vir haar. Anne het nie die tienerlewe gehad waarvan sy gedroom het nie. In haar dagboek skryf sy: “I long to ride a bike, dance, whistle, look at the world, feel young, and know that I’m free, and yet I can’t let it show.” Sy het geen vryheid gehad nie.

“I need to have something besides a husband and children to devote myself to! I don’t want to have lived in vain like most people. I want to be useful or bring enjoyment to all people, even those I’ve never met. I want to go on living even after my death!” Anne Frank het toe voorwaar na haar dood aangehou lewe en haar storie het beslis ’n verskil in mense se lewens gemaak!