Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: DALL·E 2 (OpenAI)
- lesers

Polvorones is tradisionele Kersfeeskoekies wat meestal in Spanje, Mexiko en die Filippyne geniet word. Dit is bekend vir die soet, botterige smaak wat binne net 20 minute gemaak kan word!

Bestanddele

  • 480 ml Koekmeel
  • 5 ml Koeksoda
  • 5ml Sout
  • 240 ml Margarien
  • 240 ml Witsuiker
  • 10 ml Vanieljegeursel
  • Voedselkleursel (Opsioneel)
  • Strooisuiker (Opsioneel)

Instruksies:

1. Verhit die oond tot 180°C.

2. Klits koekmeel, koeksoda en sout saam in ’n medium-grootte mengbak.

3. Room die botter en suiker in ’n ander mengbak saam. Voeg vanieljegeursel by en meng goed. Opsioneel: Roer voedselkleursel van jou keuse by die mengsel.

4. Roer stelselmatig die twee mengsels bymekaar tot ’n sagte, ferm deeg- vorm.

5. Plaas bakpapier op ’n groot bakplaat. Skep ongeveer een eetlepel van die deeg in jou hande, en rol dit in balletjies.

6. Opsioneel: Rol die balletjies in strooisuiker.

7. Plaas die deegballetjies op die plaat, ongeveer 8 cm van mekaar weg.

8. Gebruik die onderkant van ’n glas en druk die deegballetjies effens plat.

9. Plaas in die oond en bak vir 10 tot 13 minute. Loer vir ’n goue randjie om die koekies.

10. Laat die polvorones vir vyf minute op die bakplaat afkoel. Skuif dan na ’n bord of koelrak om ’n verdere 15 minute af te koel.

So maklik soos dit! Geniet jou heerlike Polvorones.