Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: profielkuns van Technoblade se kanaal
- lesers

Technoblade (regte naam, Alexander), was ’n bekende Amerikaanse YouTuber met meer as 15 miljoen subscribers.

Op 1 Julie 2022 is ’n video genaamd So Long Nerds op sy kanaal gelaai met ontstellende nuus. Die afsterwe van Technoblade het talle mense regoor die wêreld laat treur.

Technoblade is op 1 Junie 1999 gebore en is in Augustus 2021 met kanker gediagnoseer. Chemoterapie was onsuksesvol en hy is op 30 Junie 2022 oorlede. Deur die moeilike tye van sy lewe, het Technoblade nog steeds video’s opgelaai om sy kykers oor sy toestand ingelig te hou. Hy het nie gekla oor die pyn nie, maar het grappe gemaak en sy kykers ingelig oor die gevare van siektes, veral COVID-19.

In sy laaste boodskap aan sy kykers, skryf hy: “As ek nog ’n honderd lewens gehad het, dink ek sou ek elke liewe keer weer kies om Technoblade te wees, aangesien dit die gelukkigste jare van my lewe was.”

Indien jy nog nooit van hom gehoor het nie, raai ek jou aan om sy video’s op te soek.

Hy het meestal Minecraft-video’s gemaak en sou elke nou-en-dan op YouTube livestream. Hy het ’n baie charismatiese persoonlikheid gehad en kon stories goed vertel. Hy het daarin geslaag om ’n poets vir sy kykers te bak en het hulle vir ’n tyd laat glo dat sy naam “Dave” was. Hy was lief daarvoor om grappe te maak en sy video’s met Skeppy (’n ander bekende Minecraft YouTuber) was ’n groot sukses.

Hy het uit die universiteitslewe onttrek om Minecraft te speel en video’s te maak en was nie skaam om daaroor te praat nie. Hy het eers begin om Hypixel Minigames op te laai en sou later video’s maak waar hy Minecraft in VR (Virtuele Realiteit) speel. Hy het aan Minecraft-toernooie begin deelneem en is as een van die beste Minecraft-spelers bekroon. Hy het ook by Dream se SMP (Survival Multiplayer) aangesluit as ’n hoofkarakter en het ’n belangrike rol aangeneem as ’n anargis.

Vir ’n rukkie het Technoblade probeer om die meeste aartappels in Hypixel Skyblock te oes en het ongeveer 500 miljoen aartappels geoes om teen die YouTuber, imasquidkid te wen. Hy is toe The Potato King gedoop en het binne twee weke as gevolg van hierdie aartappeloorlog meer as 30 000 subscribers verkry.

Technoblade was suksesvol, veral vir sy ouderdom. Hy het in ’n kort tydperk baie bereik en sal nie sommer vergeet word nie. Hy het ’n groot impak op sy kykers se lewens gehad. Hy sal gemis word.