Die Herout
Augustus 2022 / Jaargang 43
Foto: Emma Snyman
- lesers

Is daar meer wiele of deure?

Dit is die bekende vraag wat sosiale mediaverbruikers se gedagtes prikkel. Die antwoord verskil van persoon tot persoon. Party sê wiele. Ander sê deure. Sommiges sê daar is ewe veel.

Om die antwoord tot die vraag te kry, moet die vraag gedefinieer word.

Volgens die Oxford Woordeboek is wiel ’n sirkelvormige voorwerp wat op ’n as draai. Dit is ook ’n voorwerp wat ’n motor of ander voorwerpe oor die grond makliker laat beweeg.

’n Deur is ’n draai-, gly- of skarnier-raamwerk by die ingang van ’n gebou, kamer, of motor. ’n Laai of kas klassifisseer ook as ’n deur.

(Sommige van die volgende getalle kon intussen verander het.)

Hierdie getalle is bymekaar 344 816 119 558.

In ’n huis is die gemiddelde hoeveelheid deure (insluitend laaie en kaste) ongeveer 186. Daar is ongeveer 2,3 miljard huise in die wêreld. Daar is dus ten minste 427,8 miljard deure in die wêreld. Dit sluit nie eers deure van hospitale, motors, winkels en ander geboue in nie!

Die antwoord tot die lank-oordenkte vraag - deure wen wiele verreweg.

Nou kan jy as jou vriende in die toekoms vra, vir hulle ’n antwoord met statistieke gee.